Herderspaar:

Gerrit en Marinda de Lange is die hoofleraars en herderspaar van Lewende Woord Helderberg/Overstrand. Hul is al meer as 35 jaar gelukkig getroud, met drie pragtige kinders (Rischon, Menanto en Tehillah) wat voorwaar vir hul geskenke uit God se hand is.

“Wat ‘n kosbare voorreg is dit vir ons om die herderspaar van Lewende Woord Helderberg/Overstrand te kan wees. God het ons hierheen geroep met ‘n hoorbare stem. Vandag, as ons terugkyk oor die jare, weet ons dat ons op niks kan roem behalwe die genade van God nie.

Ons het ‘n brandende passie vir die Helderberg, ‘n begeerte dat elke gesin hiér God sal dien.

Ons het die voorreg om betrokke te wees by die gebedshuis, kerkplanting, markpleinbediening, uitreiking in Afrika en ‘n gebedsreis van Kaapstad tot Jerusalem.”

Ons staan met groot dankbaarheid teenoor die Vader dat ons die voorreg het om Nevil en Rina Norden as ons geestelike leiers te kan beskou. Ons dank die Here vir twee mense wat in totale gehoorsaamheid die pad van die Here stap.

Verdere Bediening

Marinda het die voorreg gehad om die Helderberg-gemeenskap met oggend oordenking op Radio Helderberg te bedien. Sy het verder haar getuienis op TBN Africa en Finesse ook gelewer.

Sy tree tans op, op uitnodiging: vrouekonferensies, Woord in aksie Kampe, damesoggende en sakegeleenthede.

Gerrit is ook betrokke as spreker by Woord in aksie Kampe.